AANTAL VLEIS GESKENK VANAF 2018:
Vir baie Suid-Afrikaanse gesinne is vleis ʼn luuksheid. ʼn Item gereserveer vir feesdae en spesiale geleenthede. Vir duisende kinders beteken ʼn voedsame ete by die skool die verskil tussen honger en hoop.
Dit is hartverskeurend hoeveel kleuters afhanklik is van ʼn ete by die skool as hul primêre ete vir die dag; dis ʼn harde werklikheid dat klein liggaampies nie normaal ontwikkel sonder ʼn gebalanseerde dieet nie. Dis moeilik om te konsentreer wanneer jy honger is; dis onmoontlik om te presteer terwyl jou magie grom.
HelpJag versprei wildsvleis na 130 skole asook ander behoeftige instansies binne Solidariteit Helpende Hand se netwerk.
Deur die krag van die jaggemeenskap en ons ondersteuners word wildsvleis omskep in hoop, waardigheid en ʼn tasbare verskil in gemeenskappe wat dit die nodigste het.
Jy kan ons ondersteun deur ʼn donasie te maak of ʼn bok vir HelpJag te skenk.
* Jy kan 'n Artikel 18A-Sertifikaat ontvang vir jou skenking en donasie.

