Wat is Helpjag?

Wat is Helpjag?

Vir baie Suid-Afrikaanse gesinne is vleis ʼn luuksheid. ʼn Item gereserveer vir feesdae en spesiale geleenthede.

Magies volmaak... dis waaroor dit gaan. Dit is hartverskeurend hoeveel kleuters afhanklik is van ʼn ete by die skool as hul primêre ete vir die dag; dis ʼn harde werklikheid dat klein liggaampies nie normaal ontwikkel sonder ʼn gebalanseerde dieet nie. Dis moeilik om te konsentreer wanneer jy honger is; dis onmoontlik om te presteer terwyl jou magie grom.

HelpJag versprei wildsvleis na 89 skole regoor die land en voed daarmee ongeveer 8 000 kleuters.

As jag in jou are loop is dit onlosmaaklik deel van jou… dis nie iets wat jy kan kies nie; dit het JOU gekies. En wanneer die jagveld roep is dit al wat jy hoor; al wat jy dink, droom, slaap en eet. Dis ʼn hunkering.

Wanneer jy dus weer gaan jag, neem jouself voor om iets te doen vir behoeftige kleuters en hul gesinne.

Jy kan ons ondersteun deur ʼn donasie te maak of ʼn bok vir HelpJag te skenk.

help jag infographic nuwe
Aantal vleis geskenk vanaf 2018:

0ton

*Word maandeliks opgedateer.

’n Persentasie van die verkope van Bakkies the Butcher se Veld tot Vurk speseryreeks word aan HelpJag geskenk.