Vir baie Suid-Afrikaanse gesinne is vleis ’n luuksheid. ’n Item gereserveer vir feesdae en spesiale geleenthede.

Magies volmaak…dis waaroor dit gaan.  Dit is hartverskeurend hoeveel kleuters afhanklik is van ‘n ete by die skool as hul primêre ete vir die dag; dis harde realiteit dat klein liggaampies nie normaal ontwikkel sonder ‘n gebalanseerde dieet nie. Dis moeilik om te konsentreer wanneer jy honger is; dis onmoontlik om te presteer terwyl jou magie grom.

HelpJag versprei wildsvleis na 87 skole regoor die land en voed daarmee ongeveer 8 000 kleuters.

As jag in jou are loop is dit onlosmaaklik deel van jou…dis nie iets wat jy kan kies nie; dit het JOU gekies.  En wanneer die jagveld roep is dit al wat jy hoor; al wat jy dink, droom, slaap, eet.  Dis ‘n hunkering.

Wanneer jy dus weer gaan jag, neem jouself voor om iets te doen vir behoeftige kleuters en hulle gesinne.

Jy kan ons ondersteun deur ’n donasie te maak of ’n bok vir #HelpJag te skenk.

help jag infographic nuwe