Bepalings en voorwaardes
1. Hierdie aankope is onderhewig aan die onderstaande bepalings en voorwaardes.
2. Die tafel/kaartjies word verkoop aan die koper ("die koper") vir die spesifieke geleentheid ("die geleentheid") teen die voorafbepaalde prys soos aangedui ("koopprys").
3. Sodra die tafel/kaartjies gekoop is, sal die koopprys nie terugbetaal word nie, tensy:
a. Die geleentheid gekanselleer word;
b. Die datum van die geleentheid herskeduleer word; of
c. Die skeduleringsbesonderhede van die geleentheid in 'n wesenlike manier verander i.e. die datum, plek of tyd ("skeduleringsbesonderhede") van die geleentheid is nie meer soos uiteengesit op die kaartjie nie.
4. Indien enige sodanige kansellasie, herskedulering of verandering in skeduleringsbesondhede, soos bepaal in klousule 3, toegeskryf kan word aan vis major, sal Helpende Hand nie aanspreeklik gehou word nie en sal geen gelde terugbetaal word nie.
5. Helpende Hand sal onder geen omstandighede aanspreeklik wees vir enige skade insluitende gevolgskade teenoor die koper nie.
6. Die koper is verplig om die skeduleringsbesonderhede van die geleentheid te bevestig.
7. Helpende Hand behou die reg voor om toegang tot die vertoning te weier in die lig van gesondheid-, veiligheid- en sekuriteitsoorwegings.
8. Helpende Hand sal ten alle tye geregtig wees om sekuriteitsondersoeke te loods ten tyde van en/of voor die geleentheid.
9. Helpende Hand sal nie terugbetaling van die koopprys aan die koper maak indien die koper toegang tot die geleentheid geweier of versoek word om die perseel van die geleentheid te verlaat voordat die geleentheid 'n aanvang neem of onderwyl die geleentheid aan die gang is as gevolg van:
a. Laat arrivering by die geleentheid;
b. Onaanvaarbare gedrag, hetsy as gevolg van gebruik van alkohol of dwelms of andersins;
c. Besit van wapens of onwettige materiaal of middele; of
d. Maak van ongemagtigde video opnames.
10. Die koper doen ook afstand van enige regte wat hy/sy mag he voorspruitend uit enige verlies of skade of aanspreeklikheid ten opsigte van die persoon of eiendom van die koper wat gely mag word deur die koper en/of enige derde party as gevolg van enige handeling of late van Helpende Hand of enige van Helpende Hand se werknemers, direkteure, beamptes, agente en geaffilieerde persone / maatskappye.
11. Geen kos en drank word toegelaat nie, kontantkroeg beskikbaar asook kos stalletjies.
12. Geen koelbokse word toegelaat nie.
13.Individuele kaartjies sal op die dag van die geleentheid by die Expo verkoop word.
14. Deure sal 18:00 oopgemaak word voor die geleentheid.
- Inleiding
- #HelpJag is ʼn onafhanklike webwerf, gepubliseer en saamgestel op https://helpjag.co.za, deur die nie-winsgewend organisasie, Solidariteit Helpende Hand.
- #HelpJag is spesifiek saamgestel met die doel om die #HelpJag projek in werking te stel. Die gebruik van die #HelpJag webwerf is gratis, alhoewel sekere dienste, wat van tyd – tot – tyd deur onafhanklike diensverskaffers of adverteerders gelewer mag word, betaling vereis.
- Skakeling, handeldrywing of prysvasstelling met, of gebruik van dienste van ‘n onafhanklike diensverskaffer of adverteerder op #HelpJag bly die uitsluitlike verantwoordelikheid van die gebruiker van #HelpJag.
- Solidariteit Helpende Hand sal nie as middelman of agent van enige gebruiker van die #HelpJag of onafhanklike diensverskaffer of adverteerder optree nie.
- Deur die #HelpJag webwerf, enige gedeelte daarvan (ook portale, #HelpJag se Facebook-bladsy en die blogs) of die #HelpJag -nuusbrief (gesamentlik die "webwerf"), te gebruik, verbind die gebruiker hom/haarself die gebruiker aan die gebruiksvoorwaardes soos hier uiteengesit. Die gebruiksvoorwaardes tree in werking op die tydstip wanneer die gebruiker die webblad vir die eerste keer gebruik en vorm 'n ewigdurende ooreenkoms tussen die gebruiker en #HelpJag.
- Indien die gebruiker nie verbind wil voel deur al die voorwaardes wat hierna volg nie, moet dan asseblief nie hierdie webwerf besoek, gebruik en/of bydra tot hierdie webwerf nie.
- #HelpJag streef na die opheffing van behoeftige mense en hierdie webwerf word sentraal gebruik ten einde hierdie doel te bereik.
- Die menings van bydraers van blogs tot hierdie webwerf is hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van Solidariteit Helpende Hand nie.
- Hierdie bepalings en voorwaardes geld en is van toepassing vir elke afsonderlike donasie, hetsy geldelik of skenking.
- Waardes
- Gebruik van die webwerf geskied binne ‘n bepaalde ruimte van voorkeure en die webwerf se inhoud weerspieël dit.
- Christelike waarderaamwerk: Gesprekvoering en gebruik vind binne ‘n Christelike raamwerk plaas en die styl en inhoud van gesprekvoering sal daardeur beïnvloed word.
- Individuele vryheid: dat elke mens in die eerste plek vir homself verantwoordelik is en vry van dwang behoort te wees om sy/haar roeping na te streef.
- Vrye gemeenskapsvorming: dat elke mens homself in gemeenskapsverband uitleef – die hoekstene van die beskawing en ‘n sinvolle lewe.
- Respek aan die gesag van die tradisie: dat die bewyslas vir die verwerping van ‘n gebruik of tradisie by die verwerper lê.
- Aanslag: Artikels handhaaf ‘n beskaafde toon. Lesers kan dit uitdagend vind, maar dit sal nie uittartend wees nie.
- Beperkte aanspreeklikheid en vrywaring
- Die gebruiker gebruik van die webwerf op eie risiko.
- Deur die gebruik van https://helpjag.co.za of anders genoem #HelpJag, gee die gebruiker Solidariteit Helpende Hand toestemming om hom/haar te kontak op enige van die kontakbesonderhede wat tydens die skep van sy/haar gebruikersprofiel weergegee is.
- Solidariteit Helpende Hand bied geen waarborge met betrekking tot die webwerf of die inhoud daarvan nie.
- Solidariteit Helpende Hand waarborg nie die waarheid of korrektheid van enige inligting wat op die webwerf verskyn nie, alhoewel Solidariteit Helpende Hand alles in sy vermoë doen om die kwaliteit en akkuraatheid van die dienste en inligting te verseker, is dit jou eie verantwoordelikheid om die waarheid of korrektheid daarvan na te gaan.
- Solidariteit Helpende Hand is nie aanspreeklik vir enige verlies, uitgawe of skade van welke aard ook al wat die gebruiker mag ly of aangaan as gevolg van sy/haar toegang tot of gebruik van enige inligting vervat op die webwerf nie, insluitend, sonder beperking, enige verlies, uitgawe of skade wat tot stand gekom het as gevolg van een van die volgende:
- foutiewe inligting vervat op die webblad;
- ongemagtigde toegang of wysiging van die webblad deur 'n derde party;
- die onbeskikbaarheid van die webblad;
- die vernietiging van die gebruiker se data of rekenaartoerusting, of die data of rekenaartoerusting van 'n derdeparty wat die gebruiker gebruik het om toegang tot die webblad te verkry.
- Skakeling of handeldrywing met of gebruik van dienste van ‘n onafhanklike diensverskaffer of adverteerder op #HelpJag.
- Die gebruiker vrywaar Solidariteit Helpende Hand teen enige aanmaning, eis of regsaksie wat teen Solidariteit Helpende Hand ingestel word wat direk of indirek voortvloei as gevolg van jou gebruik van, of toegang tot, hierdie webwerf.
- Solidariteit Helpende Hand behou die reg voor om die webwerf op sy eie diskresie en te enige tyd te verander, op te gradeer of op te skort.
- Die gebruiker is self verantwoordelik vir enige inhoud wat die gebruiker aan Solidariteit Helpende Hand stuur, op die webwerf laai of deur middel van Solidariteit Helpende Hand aan derdes versend.
- Solidariteit Helpende Hand is nie verantwoordelik vir die verlies van enige inhoud wat die gebruiker op die webblad laai of deur die webblad versend nie en dit is die gebruiker se eie verantwoordelikheid om self 'n reserwekopie te maak.
- Sonder om afbreuk te doen aan die algemene strekking van die voorafgaande, stem die gebruiker toe, wanneer hy/sy enige publikasie, inligting of ander bydrae op die webwerf plaas, tot moontlike benadeling as gevolg van laster deur ander gebruikers van Solidariteit Helpende Hand wat op die webblad gepubliseer word.
- Sonder om afbreuk te doen aan die voorafgaande, vrywaar die gebruiker Solidariteit Helpende Hand voorts teen enige lastereis wat die gebruiker teen 'n ander #HelpJag-gebruiker mag instel of wat deur sulke ander gebruikers teen hom/haar ingestel word.
- Privaatheid
- Die gebruiker gee toestemming dat Solidariteit Helpende Hand sy/haar persoonlike inligting wat die gebruiker aan ons bekend maak deur die gebruik van die webwerf mag versamel.
- Solidariteit Helpende Hand gebruik sulke persoonlike inligting vir doeleindes van bemarking van produkte binne die Solidariteit Beweging en vennote, asook om die funksionaliteit van die webblad te verbeter.
- Solidariteit Helpende Hand sal slegs die gebruiker se persoonlike inligting met derde partye deel wat gekeur is en dienste lewer op die webwerf. Hierdie is derde partye wat duidelik op die webwerf aangedui is op die spesifieke portaal waar die gebruikersy/haar inligting deel.
- Solidariteit Helpende Hand sal nie die gebruiker se inligting met enige ander party, wat nie ʼn vennoot van die webwerf is nie, deel sonder om vooraf die gebruiker se toestemming te verkry nie, tensy Solidariteit Helpende Hand in terme van die heersende reg verplig is om dit te doen, indien dit nodig is om die webblad te bedryf of as dit in openbare belang is om die inligting vry te stel.
- Die gebruiker gee hiermee toestemming dat ons sy/haar persoonlike inligting aan die webwerf se diensverskaffers en vennote mag gee ten einde die webblad te bedryf.
- Koekies (cookies): ʼn Koekie, ook bekend as ʼn HTTP-koekie, webkoekie, of blaaierkoekie, is ʼn klein hoeveelheid data wat van ʼn webwerf af gestuur word en in die gebruiker se webblaaier gestoor word terwyl die gebruiker die webwerf gebruik.
- Elke keer as die gebruiker die webwerf besoek, stuur die blaaier die koekie na die bediener terug om die webwerf van die gebruiker se vorige aktiwiteit te verwittig.
- Koekies is as ʼn betroubare instrument vir webwerwe ontwerp om inligting op ʼn staat (soos items in ʼn aanteken invul spasie) te onthou of om die gebruiker se blaai-aktiwiteite (insluitend klikke op spesifieke knoppies, intekening, of die bladsye wat maande of jare gelede deur die gebruiker besoek is) vas te lê.
- Die gebruiker berus hom/haarself met die inhoud van paragrawe 4.6 – 4.8 hierbo.
- Kopiereg
- Die kopiereg en alle ander immateriële goedereregte van die webblad, insluitend die uitleg, ontwerp, kentekens, grafika en multimedia-werke wat daarop verskyn behoort aan Solidariteit Helpende Hand of enige ander vennoot van die Solidariteit Beweging tensy sodanige regte uitdruklik deur die outeur voorbehou is alvorens dit op die webblad gepubliseer is.
- Die gebruiker mag sodanige werke besigtig, uitdruk en een kopie daarvan op jou hardeskyf maak, mits:
- dit vir persoonlike gebruik is en nie vir enige kommersiële doel aangewend word nie;
- die gebruiker op alle kopieë 'n weergawe van ons kopiereg-kennisgewing vertoon;
- die gebruiker nie die werke op sodanige wyse verander tot nadeel van Solidariteit Helpende Hand nie.
- Sonder om afbreuk te doen aan die bepalings vervat in paragraaf 5.1 hierbo, bevestig Solidariteit Helpende Hand dat die kopiereg in bydraes, artikels en ander literêre werke wat deur jou geskep is en wat die gebruiker aan Solidariteit Helpende Hand stuur aan jou behoort. Wanneer die gebruiker enige artikels, bydraes of ander literêre werke op die webblad plaas, gee die gebruiker daarmee saam ook vir Solidariteit Helpende Hand 'n oordraagbare, ewigdurende, wêreldwye en tantièmevrye lisensie om die werke vir plasing op #HelpJag te gebruik.
- Indien die intellektuele eiendom van materiaal wat deur ‘n gebruiker aangebied word vir plasing op die webblad aan 'n derde party behoort, onderneem die gebruiker om Solidariteit Helpende Hand daarvan in kennis te stel en vrywaar die gebruiker Solidariteit Helpende Hand teen enige eis wat die eienaar van daardie intellektuele eiendomsregte teen Solidariteit Helpende Hand mag instel.
- Die handelsmerke en kentekens op #HelpJag is die geregistreerde, en waar toepaslik die nie-geregistreerde, handelsmerke van Solidariteit Helpende Hand. Niks op die webwerf mag so geïnterpreteer word om te beteken dat die gebruiker 'n lisensie of die reg verkry om enige handelsmerk sonder Solidariteit Helpende Hand se toestemming te gebruik nie.
- Inhoudsbestuur
- #HelpJag maak van tyd tot tyd gebruik van die praktyk van samevoeging (‘aggregation’) van inhoud deur inligting wat van ander bronne versamel is, te herpubliseer.
- Saamgevoegde inhoud word altyd herskryf deur #HelpJag se joernaliste.
- Waar moontlik word nuwe inligting bygewerk.
- Die oorspronklike bron van saamgevoegde inhoud word altyd aangedui, met ʼn aktiewe skakel na die oorspronklike bron se artikel.
- Die besluit diskresie om te besluit watter inhoud op die #HelpJag geplaas word, berus uitsluitlik by Solidariteit Helpende Hand.
- Skakels na derde partye
- Die webwerf bevat skakels na ander webwerwe met inligting en ander materiaal wat deur derde partye geskep is. Alhoewel Solidariteit Helpende Hand die skakels met sorg uitkies, kan Solidariteit Helpende Hand geen aanspreeklikheid aanvaar vir die inhoud van sulke webwerwe nie.
- 'n Skakel op die #HelpJag webwerf na 'n ander webwerf beteken nie dat Solidariteit Helpende Hand die inhoud van daardie webwerf nagegaan het nie en dit beteken ook nie dat Solidariteit Helpende Hand daardie inhoud goedkeur nie.
- Deelname deur lesers
- Enige gebruiker is welkom om kommentaar te lewer en deel te neem aan #HelpJag, welke kommentaar egter vry moet wees van rassisme, seksisme, homofobie, onvanpaste persoonlike opmerkings, ander vorms van haatspraak of kru, kras en vuil taal.
- Kommentators/gebruikers word gekoppel aan ‘n elektroniese profiel.
- Kommentators/gebruikers mag slegs een profiel op #HelpJag bedryf.
- Kommentaar word outomaties en onveranderd op #HelpJag geplaas soos wat dit gelewer word.
- Kommentaar moet pas by die beskaafde toon en waardestelsel van #HelpJag.
- Die doelbewuste ontwrigting van gesprekke, onder meer deur irrelevante, uitlokkende stellings (“trolling” of “flaming”), word nie toegelaat nie.
- Agtervolging van mede-kommentators (“stalking”) deur voortdurend op hul kommentaar te fokus en sinvolle reaksie op daardie kommentators in die weg te staan, word nie toegelaat nie.
- Herhaaldelike plasing van dieselfde inhoud in verskillende kommentaarstukke of die plasing van irrelevante inligting of skakels na irrelevante webadresse, word nie toegelaat nie.
- Rassistiese en seksistiese kommentaar, of kommentaar wat andersins aanstootlik of diskriminerend van aard is, sal nie toegelaat word nie.
- Ander lesers en kommentators sal nie persoonlik aangeval en/of verneder word nie.
- Kommentaar moet relevant wees tot die artikel waarop kommentaar gelewer word.
- Kommentaar wat geweld aanwakker, haatspraak verteenwoordig, kru of vuil taalgebruik insluit, of lasterlik of Godslasterlik van aard is, sal nie geduld word nie.
- ʼn Suksesvolle plasing van kommentaar is onderhewig aan ʼn outomatiese siftingsproses gebaseer op ʼn vooraf vasgestelde lys ongewenste/onaanvaarbare woorde en frases.
- #HelpJag hou die reg voor om sonder verdere kennisgewing enige kommentaar wat ons insiens nie onderhewig is aan die bepalings van hierdie beleid nie, eensydig te verwyder.
- Die kommentator hoef nie in kennis gestel te word indien sy kommentaar verwyder word nie, en redes vir die verwydering hoef nie deur #HelpJag verskaf te word nie.
- Klagtes
- Indien enige gebruiker ʼn klagte/grief oor ʼn ander gebruiker se kommentaar/profiel indien, sal dit deur #HelpJag ondersoek word.
- Die voorkeurmeganisme vir kommentaar- en profielbeheer is die oordeel van ander gebruikers wat onvanpaste kommentaar/profiele aanmeld met behulp van die ingeboude klagtemeganisme.
- Die funksionaliteit waarmee klagtes aan #HelpJag gerig kan word, is geleë in die Kommentaar-blokkie onderaan elke artikel, by die skakel “Rapporteer”.
- Kommentaar waaroor ‘n sekere aantal klagtes ontvang is, soos van tyd tot tyd deur die redaksie bepaal, word normaalweg verwyder.
- Kommentaar waaroor deeglik gemotiveerde klagtes ontvang word, selfs in die afwesigheid van klagtes van ander kommentators, word na meriete beoordeel.
- Met die aanvaarding van hierdie bepalings en voorwaardes aanvaar lesers dat hul kommentaar/profiel gewysig of verwyder mag word indien dit nie aan hierdie bepalings voldoen nie.
- Indien ‘n gebruiker hom/haarself herhaaldelik skuldig maak aan die oortreding van hierdie bepalings, kan hy/sy permanent geblokkeer word om weer op #HelpJag kommentaar te lewer of om ʼn profiel te skep.
- Donasies
- Deur aan te dui op die #HelpJag webtuiste dat die gebruiker ‘n donasie wil maak stem die gebruiker in tot die bindende Bepalings en Voorwaardes.
- Solidariteit Helpende Hand sal die gebruiker se donasies gebruik met die organisasie se eie diskresie maar steeds binne die gestelde liefdadigheidsoogmerke.
- Alle betalings vir skenkings sal deur middel van elektroniese fonds oorbetalings (‘EFT’s’) geskied en is die verantwoordelikheid van die gebruiker om daardie betaling te maak.
- Indien ‘n gebruiker aandui dat die gebruiker ‘n donasie deur die #HelpJag webtuiste wil maak bevestig die gebruiker dat hy/sy ingevolge en onderhewig aan alle wetgewing van die Republiek van Suid-Afrika sodoende dit maak.
- Indien die gebruiker bewus word van enige bedrog op hul bankkaart vrywaar die gebruiker vir Solidariteit Helpende Hand van enige aanspreeklikheid in hierdie verband omdat die #HelpJag webtuiste nie self betalings bewerkstellig nie.
- Indien die gebruik bewus word van enige bedrog op hul bankkaart is dit die gebruiker se verantwoordelikheid om die betrokke finansiële dienste verskaffer te kontak en daarvan in kennis te stel.
- #HelpJag benodig die volgende inligting om ‘n donasie te aanvaar:
- Naam en van
- Adres
- Epos adres
- Besonderhede van skenking
- Besonderhede van jag
- Permit besonderhede
- #HelpJag gebruik hierdie inligting om die donasie te verwerk.
- Dit is die gebruiker se verantwoordelikheid om te verseker dat die inligting wat die gebruiker verskaf waar en korrek is.
- Indien die gebruik ‘n fout begaan het met betrekking tot die donasie kan die gebruik Solidariteit Helpende Hand kontak by [email protected].
- Solidariteit Helpende Hand moet binne 14 (VEERTIEN) dae in kennis gestel.
- Algemeen
- Solidariteit Helpende Hand mag die gebruiksvoorwaardes van die #HelpJag te enige tyd wysig. Deur die webblad te besigtig verbind die gebruikerdie gebruiker hom/haarself tot die nuutste weergawe van die gebruiksvoorwaardes. Die gebruiker
- Die gebruiker besef dat dit sy/haar plig is om vertroud te wees met die nuutste weergawe van die #HelpJag se gebruiksvoorwaardes.
- Solidariteit Helpende Hand as nie-winsgewende organisasie is ingevolge die Maatskappyewet 71 van 2008 (soos gewysig) slegs by magte om in die belang van die organisasie op te tree met seker oogmerke soos uiteengesit in die Akte van Oprigting.
- Solidariteit Regsdienste of enige vennoot van die Solidariteit Beweging is nie gebonde aan die advies en artikels wat op die blad gepubliseer word nie. Wanneer die gebruiker ʼn artikel lees, moet daar gekyk word na die publikasiedatum ten einde die gebruiker instaat te stel om hom/haarself te vergewis van die nuuste regsposisie.
- Geen ander bepaling of voorwaarde vir die gebruik van die webwerf behalwe die nuutste weergawe op die webwerf sal as bindend beskou word nie en die gebruiker verbind hom/haarself onherroeplik hiertoe.
- Indien ‘n dispuut oor die inhoud van die nuutste gebruiksvoorwaardes sou ontstaan, sal die besluit van #HelpJag in die verband finaal wees.
Bepalings en Voorwaardes wat geld vir die #HelpJag - kompetisie
- Om vir die pryse in aanmerking te kom, moet jy ’n skenking aan die #Helpjag-projek, ten bate van die Kosblikkie-projek maak.
- Die reëls en inligting op hierdie kompetisieblad maak deel uit van die bepalings en voorwaardes vir deelname.
- Deelname aan die kompetisie impliseer aanvaarding van alle bepalings, reëls en voorwaardes en die organiseerders van die projek bied slegs die pryse aan en aanvaar geen kostes vir wenners om die pryse te bekom nie.
- Werknemers van die Solidariteit Beweging, HuntEx en verwante borge en hul gesinslede is uitgesluit by hierdie kompetisie.
5.HuntEx en die organiseerders van die #Helpjag-projek behou die reg voor om ʼn onderhoud met die wenners te voer, foto’s te neem en dit te publiseer in ’n verskeidenheid van media vir ’n onbepaalde tyd.
- Alle inskrywings word die eiendom van die #Helpjag-projek en sal vir toekomstige promosiedoeleindes in ʼn databasis vasgelê word.
- Pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.
- Wenners moet bo 18-jarige ouderdom wees.
- Alle deelnemers vrywaar die organiseerders van die #Helpjag-projek,HuntEx, sowel as die borge en agentskappe wat by hierdie promosie betrokke is, van enige skade en/of koste voortspruitend uit eise wat die deelnemer mag hê of opdoen deur deelname aan die kompetisie en/of die benuttig van die prys.
- Slegs een inskrywing per deelnemer sal voldoende wees.
- Die kompetisie sal oop wees vanaf 26 April 2018 tot 29 April 2018.
- Indien Solidariteit Helpende Hand nie daarin slaag om ʼn pryswenner binne vyf werksdae na die finale trekking per e-pos of telefonies in die hande te kry nie, sal ʼn ander wenner aangewys word.
- Die trekking om die pryswenner aan te wys, sal voor einde Mei 2018 plaasvind.
- Die organiseerders van die #Helpjag-projek en sy vennote is nie aanspreeklik vir enige tegniese fout wat daartoe kan lei dat ’n inskrywing nie suksesvol ingedien word nie. Die organiseerders van die #Helpjag-projek aanvaar geen verantwoordelikheid vir inskrywings wat onafgelewer is, verlore raak of vertraag word nie. Bewys van stuur is nie bewys van ontvangs nie. ʼn Inskrywer moet self ontvangs van sy/haar inskrywing bevestig.