Gaan bos met helpjag

Gaan bos met helpjag

Gaan Bos webblad banners-01

As jag in jou are loop en jou hart vir liefdadigheid klop
kan jy ‘n groot rol in ’n behoeftige kleuter se lewe speel.
Skryf nou in vir die #GaanBos met #HelpJag kompetisie,
word deel van die verskil en staan ‘n kans om
een van vele pryse te wen.

Baie geluk aan die volgende wenners

van die HelpJag, TriggerCam, Berchtesgaden Ranch & Farm, Wild & Jag / Game & Hunt Bakkies the Butcher se #GaanBos-kompetisie!

1) Wenner van Triggercam 2.1: Ansofie Forrester
2) Wenner van jagnaweek by Berchtesgaden: Marius Bezuidenhout.
3) Wenners van Bakkies the Butcher geskenkpak: Cecil Fick, Callie Du Toit, Richy Lombard, Herman Kirstein, Charles Clarke, Jan Lourens, Ettiene van Zyl, Frank Botes, Francois Welman, Francois giesteira.
4) Wenners van Wild & Jag aanlyn subskripsie: Eddie le Roux, Ferdi Visser, Casper Coetzee, Lindie Sauer, Markus Faure, Werner Schmidt, Bossie Slabbert, Rix Gouws, Nico Pienaar.

 

Helpjag sal die wenners spoedig kontak per e-pos. 

Pryse trots geborg deur:

Bepalings en Voorwaardes wat geld vir die #GaanBos met #HelpJag - kompetisie:

  1. Om vir die pryse in aanmerking te kom, moet jy ’n inskrywingsfooi met HJ-unieke nommer as verwysing  aan die #Helpjag-projek betaal..
  2. Die reëls en inligting op hierdie kompetisieblad maak deel uit van die bepalings en voorwaardes vir deelname.
  3. Deelname aan die kompetisie impliseer aanvaarding van alle bepalings, reëls en voorwaardes..
  4. Werknemers van die Solidariteit Beweging  en verwante borge van die onderskeie pryse  en hul gesinslede is uitgesluit by hierdie kompetisie.
  5. Die organiseerder van die #Helpjag-projek  behou die reg voor om ʼn onderhoud met die wenners te voer, foto’s te neem en dit te publiseer in ’n verskeidenheid van media vir ’n onbepaalde tyd.
  6. Alle inskrywings word die eiendom van die #Helpjag-projek en sal vir toekomstige promosiedoeleindes in ʼn databasis vasgelê word.
  7. Pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  8. Wenners moet bo 18-jarige ouderdom wees.
  9. Alle deelnemers vrywaar die organiseerders van die #Helpjag-projeksowel as die borge en agentskappe wat by hierdie promosie betrokke is, van enige skade en/of koste voortspruitend uit eise wat die deelnemer mag hê of opdoen deur deelname aan die kompetisie en/of die benuttig van die prys.
  10. Die kompetisie sal oop wees  tot 15 Augustus 2021.
  11. Indien Solidariteit Helpende Hand nie daarin slaag om ʼn pryswenner binne vyf werksdae na die finale trekking per e-pos of telefonies in die hande te kry nie, sal ʼn ander wenner aangewys word.
  12. Die organiseerders van die #Helpjag-projek en sy vennote is nie aanspreeklik vir enige tegniese fout wat daartoe kan lei dat ’n inskrywing nie suksesvol ingedien word nie. Die organiseerders van die #Helpjag-projek aanvaar geen verantwoordelikheid vir inskrywings wat onafgelewer is, verlore raak of vertraag word nie. Bewys van stuur is nie bewys van ontvangs nie. ʼn Inskrywer moet self ontvangs van sy/haar inskrywing bevestig.