Gholfdag in Worcester

Weens groot aanvraag bied HelpJag in samewerking met Worcester Gholfklub vir ’n tweede opeenvolgende jaar ’n Gholfdag in Worcester, aan. Hierdie unieke geleentheid beloof om enig in sy soort te wees. ‘n Dag propvol gholf, legendes en vele meer. By die aandfunksie sal verskeie kunstenaars optree en die Woes TV-aanbieder, Jaco van Dyk, sal opwindende items opveil om die volhoubaarheid van die HelpJag-projek te verseker.

Hoofborg