HOE WERK DIT?

HOE WERK DIT?

  • Stap 1: SKENK

    Klik op skenk en kies die toepaslike opsie.

    1. Finansiële bydrae en hoeveel porsies jy wil skenk of
    2. Skenk ʼn bok
  • Stap 2: JAG

    Indien jy ʼn bok wil skenk vul die besonderhede van jou opkomende jagtog in. Al die besonderhede word outomaties na die veldtog-administrateur gestuur. Die HelpJag-span sal jou so gou moontlik kontak en die nodige reëlings tref.

  • Stap 3: SLAGHUIS SOEKGIDS

    HelpJag het ʼn netwerk van slaghuisondersteuners regoor Suid-Afrika. Vind hier jou naaste slaghuis wat deel is van hierdie netwerk. Indien die slaghuis van  jou keuse nie op die lys verskyn nie, kontak HelpJag sodat ons die nodige reëlings met die betrokke slaghuis kan tref. Die jagter is verantwoordelik om die karkas tot by die slaghuis te vervoer.

  • Stap 4: VERWERKING

    Die slaghuis verwerk en verpak die vleis. HelpJag is verantwoordelik vir die verwerkingskoste tensy jy die verwerking ook skenk.

  • Stap 5: VERSPREIDING

    Die verwerkte vleis word deur HelpJag versprei na behoeftige skole en/of instansies soos ouetehuise ens.

  • Stap 1: SKENK

    Klik op skenk en kies die toepaslike opsie.

    1. Finansiële bydrae en hoeveel porsies jy wil skenk of
    2. Skenk ’n bok
  • Stap 2: JAG

    Indien jy ’n bok wil skenk vul die besonderhede van jou opkomende jagtog in. Al die besonderhede word outomaties na die veldtog-administrateur gestuur. Die HelpJag-span sal jou so gou moontlik kontak en die nodige reëlings tref.

  • Stap 3: SLAGHUIS SOEKGIDS

    HelpJag het ’n netwerk van slaghuisondersteuners regoor Suid-Afrika. Vind hier jou naaste slaghuis wat deel is van hierdie netwerk. Indien die slaghuis van  jou keuse nie op die lys verskyn nie, kontak HelpJag sodat ons die nodige reëlings met die betrokke slaghuis kan tref. Die jagter is verantwoordelik om die karkas tot by die slaghuis te vervoer.