Trekking vind Saterdag, 03 Desember 2022 plaas in Safari Outdoor Pretoria.
- Met jou deelname aan dié kompetisie word jy aan die bepalings en voorwaardes van die kompetisie gebind.
- Die kompetisie neem 17 Oktober 2022 aanvang en eindig op 30 November 2022 om 12:00.
- Die wenner sal op 03 Desember 2022 op HelpJag, Wild&Jag, Schoongezight en Safari Outdoor se Facebook-blaaie aangekondig word, en sal ook telefonies verwittig word.
- Die wenner sal deur ’n prystrekking bepaal word, en dít sal as die finale besluit beskou word.
- Die prys sluit in:
- die jag van ‘n buffel, swartwitpens, bastergemsbok, koedoe, eland, waterbok en ‘n gouewildebees. Dit sal plaasvind in die 2023 jagseisoen onderhewig aan die beskikbaarheid van die wenner en Schoongezight.
- vier(4) jagters en betalende nie-jagters
- twee(2) professionele jagters van Schoongezight
- luukse akkommodasie op een van die Schoongezight Lodges naby Thabazimbi
- alle etes en drankies
- skouer montering van al sewe(7) diere
- verfilming van die jagte vir die Africa’s Sportsman Show
- vervoer vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe of enige ander plek in Gauteng
Let wel: Slegs wanneer die bokke vir HelpJag geskenk word, word die vervoer van die wild vanaf die plaas sowel as die verwerkingskoste ingesluit.
- Enige ander wild wat gejag word, behalwe dié wat in die prys ingesluit is, is vir jou eie rekening.
- Indien die wild vir eie gebruik gehou word is die vervoer van die wild vanaf die plaas asook die verwerkingskoste vir jou eie rekening.
- Dié prys is nie oordraagbaar, verhandelbaar, of vir kontant omruilbaar nie.
- Alles op die plaas wat deel van die jag uitmaak soos die jagvoertuig, slag, koelkamers en hout is ingesluit.
- Soos vroeër genoem word die wenners van die kompetisie deur ’n prystrekking bepaal. Hoe meer lootjies jy koop, hoe beter is jou kans om te wen.
- Daar is slegs 70 lootjies beskikbaar met geen beperking op die hoeveelheid lootjies wat een persoon koop nie.
- HelpJag behou die reg voor om die kompetisie en/of die inhoud daarvan volgens eie diskresie en te enige tyd te verander, op te gradeer, of op te skort.
- HelpJag behou die reg om enige inskrywing te diskwalifiseer.
- Die trekking sal via ’n regstreekse uitsending, op die bogenoemde dag
- Sou die wenner aandui dat hy of sy nie die prys kan of wil aanvaar nie, sal die wenner die prys verbeur, en daar sal weer ’n trekking wees om ’n volgende wenner te bepaal.
- Die beoordelaars se besluit is finaal en geen verdere korrespondensie sal hieroor gevoer word nie.
- Indien die prys nie binne vier kalenderdae aanvaar word nie, sal die prys aan die volgende wenner, soos deur die trekking bepaal, gaan.
- Wenners benut die prys op hulle eie risiko. Nie HelpJag, Schoongezight, of enige ander instansie, of borg kan aanspreeklik gehou word vir enige verlies, skade, persoonlike beserings, of dood wat spruit uit enige nalatigheid, of opsetlike optrede met die aanvaarding, of gebruik van die prys nie.
Vir enige navra kontak gerus vir [email protected] of George Potgieter 083 903 5752 [email protected]