VIERBALFOOI – R7 000
- Vierbal sluit in: Geskenkpakke, karretjies, prysuitdeling, aandete, 'n vertoning deur Ichnus, Pieter Smith en Jo Black asook 'n veiling.
- Formaat van die spel: Kanonafslaan met 'n vierbalalliansie (die beste twee puntetellings op al die gate tel). Voorgee is van toepassing.
- Afslaantyd: 11:00
Gholfjoggies is beskikbaar teen R280 vir die dag (middagete moet ook voorsien word) en kan op die dag bespreek word.
Worcester Gholfklub se gewone baanregulasies geld.