#RANDPERKILOGRAM

#RANDPERKILOGRAM

Met ’n bedrag van so min as R35 kan jy ’n kilogram wildsvleis skenk. Dit kan ’n reuse- verskil in ’n behoeftige kleuter en hul gesin se lewens maak.  In hierdie tyd van ongekende nood, het ons jou hulp meer as ooit tevore nodig om na ons mense om te sien. Onthou, een kilogram wildsvleis kan ’n gesin van vier vir ’n dag voed! Die nood is meer as 12 000 kleuters regoor die land.  Kom ons van hande en maak ’n verskil!

Die uitbreek van die Covid-19-pandemie het egter ’n stuiwer in die armbeurs gegooi en jagters kon nie gaan jag nie. Dit het HelpJag genoop om saam met sy drie ambassadeurs asook Wild & Jag/Game & Hunt die #RandPerKilogram-inisiatief van stapel te stuur.

Die doel van die R35-skenkings is drievoudig. Dit voed behoeftige kleuters en hul gesinne. Dit gee die wildplase of reservate ook ’n geleentheid om ’n inkomste te verdien tydens dié moeilike tye en verder dra die fondse by tot die algemene bestuur, betaling van werkers en ander belangrike bedrywighede soos teenstropery-aksies.

Wildplase en reservate is nie net sakeondernemings wat tans swaar gebuk gaan of bloot ’n plek is waar daar op ’n verantwoordelike manier gejag word nie. Baie van die grond huisves ander belangrike dierspesies. Die meerderheid van beskikbare wild-habitat in Suid-Afrika is in privaat besit. Dus lê ’n groot deel van die potensiaal om te bewaar in dié areas. Deur wildplase te ondersteun help ons dus om die habitat van baie bedreigde spesies te bewaar.

Bankbesonderhede

Rekeninghouer: SOLIDARITEIT HELPENDE HAND,
Bank: FNB,
Rekeningnommer: 62 331 445 503,
Tak: Centurion (takkode: 261550),
Verwysing: RANDPERKG

E-pos bewys van betaling asook jou kontakbesonderhede na [email protected]