Gaan bos saam #helpjag

Helpende Hand bied ’n eksklusiewe aand van jagpraatjies saam met Bakkies Botha, Adam Tas en ander bekendes vir die HelpJag-projek aan.

#HelpJag versprei saam met Helpende Hand se Kosblikkie-projek wildsvleis na 83 kleuterskole regoor die land en voed daarmee 6 550 kleuters. Vir baie van die kleuters is hierdie bord kos die enigste kos wat hulle daardie dag sal ontvang. Daarom is dit van kardinale belang dat hierdie bord kos voedsaam is.

Dit vind plaas tydens die Wild-, jag- en agri-ekspo by Castle de Wildt.

 

Die opsies vir bespreking is soos volg:

  • Tafel - R3 500 (10 persone per tafel)

Ingesluit ’n ete-koopbewys vir die kosstalletjies per persoon, asook 2 bottels wyn per tafel.

  • Enkelkaartjie – R350

Ingesluit ’n ete-koopbewys en 2 komplimentêre bottels wyn per tafel waar gaste geplaas word.

  • Enkelkaartjie – R250

 Ingesluit ’n ete-koopbewys (losstaande sitplekke op balkon)

 

Elke besigheid wat ’n tafel bespreek se handelsmerk sal tydens die funksie op die tafel vertoon word en erkenning op HelpJag se sosiale media-platforms geniet.

Sou dit vir jou moontlik wees om die volgende datum in jou kalender te pas, sal Helpende Hand en 6 550 kleuters dit hoog op prys stel.