{"id":7,"date":"2018-02-26T08:31:40","date_gmt":"2018-02-26T08:31:40","guid":{"rendered":"http:\/\/helpjag.co.za\/?page_id=7"},"modified":"2024-03-25T09:55:09","modified_gmt":"2024-03-25T07:55:09","slug":"tuis","status":"publish","type":"page","link":"https:\/\/helpjag.co.za\/","title":{"rendered":"Tuis"},"content":{"rendered":"\n\n\t\t\t\n\t\t\t\t\t\t\tKlik hier vir meer inligting\n\t\t\t\t\t<\/a>\n\t\n\t\t\t

Vir baie Suid-Afrikaanse gesinne is vleis \u0149 luuksheid. \u0149 Item gereserveer vir feesdae en spesiale geleenthede.Magies volmaak<\/em><\/strong>… dis waaroor dit gaan.\u00a0Dit is hartverskeurend hoeveel kleuters afhanklik is van \u0149 ete by die skool as hul prim\u00eare ete vir die dag; dis \u0149 harde werklikheid dat klein liggaampies nie normaal ontwikkel sonder \u0149 gebalanseerde dieet nie. Dis moeilik om te konsentreer wanneer jy honger is; dis onmoontlik om te presteer terwyl jou magie grom.HelpJag versprei wildsvleis na 89 skole regoor die land en voed daarmee ongeveer 8 000 kleuters.<\/strong>As jag in jou are loop is dit onlosmaaklik deel van jou… dis nie iets wat jy kan kies nie; dit het\u00a0JOU<\/strong>\u00a0gekies.\u00a0En wanneer die jagveld roep is dit al wat jy hoor; al wat jy dink, droom, slaap en eet.\u00a0Dis \u0149 hunkering.Wanneer jy dus weer gaan jag, neem jouself voor om iets te doen vir behoeftige kleuters en hul gesinne.Jy kan ons ondersteun deur \u0149 donasie te maak of \u0149 bok vir HelpJag te skenk.<\/strong><\/p>\t\n\t\t\t\t\"help\n\t\tAantal vleis geskenk vanaf 2018:\t\t\t\n\t\t\t\t\t

0ton<\/h2>\t\t\t\t\n\t

*Word maandeliks opgedateer.<\/em><\/p>\n\t