FAQ

FAQ

Eland

Koedoe

Waterbok

Gemsbok

Blouwildebees

Blesbok

Rooibok

Springbok

Nee, ongelukkig is die gesondheidsrisiko hieraan verbonde te groot.  Die kinders se gesondheid is vir ons van kardinale belang en daarom sal ons slegs vleis aanvaar waar daar ʼn bewys van die datum van verwerking beskikbaar is indien Helpende Hand dit nie self laat verwerk het nie.

U kan ook ongelukkig nie slegs ʼn gedeelte van u bok skenk nie.

  • Jagters kan ʼn Artikel 18A-sertifikaat aanvra wat hulle kan indien vir belastingkorting. Ons vereis die pryslys van die wildsplaas asook ʼn faktuur waarop die prys van die betrokke bok aangedui is.
  • Trofeejagters kan ʼn Artikel 18A-sertifikaat aanvra vir ʼn trofeedier solank daar ʼn bewys van betaling gelewer word.
  • Indien jagters nie ʼn bewys van betalings kan verskaf nie, sal #HelpJag gebruik maak van ʼn standaard pryslys wat nie onderhandelbaar is nie.
  • ’n Wildsplaas kan ʼn Artikel 18A-sertifkaat aanvra vir vleis wat geskenk word. Daar moet bewys gelewer kan word in die vorm van ’n standaard pryslys.

#HelpJag sal kontak maak met u slaghuis en indien hulle voldoen aan die standaarde van die projek, sal ons betaal vir die verwerking van die vleis. Ons maak maalvleis van die vleis wat maklik deur die kleuterskole gaargemaak kan word.

Die jagter is meer as welkom om die vleis self te laat verwerk. Om die veiligheid van die kleuterskole te verseker vereis ons dat dit by goedgekeurde slaghuise plaasvind. Sien Bepalings en Voorwaardes.

#HelpJag is ten bate van Helpende Hand se Kosblikkie-projek. Hierdie projek bestaan reeds sedert 2009 en verseker dus dat die vleis na die wat dit die nodigste het versprei word. Dit is ons begeerte om u skenking regverdig te versprei.

Daar is bepaalde riglyne, bepalings en voorwaardes in plek om bogenoemde te verseker. Die veiligheid van die kleuters is ons eerste prioriteit.

Ons moedig die strengste higiënies toestande aan vir die voorbereiding van voedsel by kleuterskole. Alle wildsvleis moet gaargemaak word teen ten minste 70 grade wat die listeria-kiem doodmaak.

Ongelukkig is Helpende Hand sowel as #HelpJag verantwoordelik vir die beskerming van die skole asook die kinders se identiteite en daarom sal geen persoon die kleuterskole kan besoek nie.

Ons benodig op die minste een week om die nodige reëlings te tref en sal dit waardeer indien u dit in ag neem.