Hoe raak jy betrokke?

Om vir ’n jaar aan die daaglikse minimum proteïeninname van kleuters te voorsien, benodig #HelpJag 78 000kg wildsvleis.

Die publiek kan ons ondersteun deur ’n donasie te maak of ’n bok vir #HelpJag te skenk.

Wanneer jy dus weer gaan jag, neem jouself voor om ietsie te doen vir behoeftige kleuters. Al wat nodig is, is om by die projek aan te sluit en die besonderhede van jou jagtog in te vul. Ons sal dan met jou kontak maak en reëlings tref om die vleis te laat verwerk.

#HelpJag betaal alle verwerkingskoste asook vervoer van die verwerkte vleis vanaf die slagter tot by die naaste geskikte kleuterskole. * (sien bepalings en voorwaardes)

Indien jy nie self jag nie, maar steeds ’n bydrae wil maak, kan jy altyd ’n finansiële skenking maak ten bate van die projek. Die geld sal gebruik word om proteïenryke wildsvleis aan te koop om te verseker dat die kleuters die nodige voeding ontvang.

Onthou, elke Koedoe kan ongeveer 40 kleuters vir ’n maand voed, terwyl ’n gemsbok 26 kleuters vir ’n maand voed.

Selfs ’n springbok kan 6 kleuters per maand van ’n gesonde maaltyd help voorsien.

Alle skenkings van vleis of kontant is geregtig op ’n Artikel 18A-sertifikaat vir belastingsdoeleindes. * (sien bepalings en voorwaardes)