Centurion Gholfdag van hoop 2023

HelpJag is ‘n inisiatief wat Solidariteit  Helpende Hand se voedingsprojekte aanvul en sorg dat proteïene in die vorm van wildsvleis deel is van die voedselhulp wat aan behoeftige instansies voorsien word. Jagters word aangemoedig om bokke of wildsvleis vir HelpJag te skenk. HelpJag betaal dan vir die verwerking daarvan voordat dit na instansies in Afrikaanse gemeenskappe versprei word. HelpJag het die afgelope ses jaar reeds meer as 160 ton wildsvleis ingesamel, verwerk en versprei.

Fondsinsamelingsinisiatiewe soos die gholfdag word geloods om te verseker dat die projek volhoubaar is.