Gholfdag 2023 Kimberley

Weens groot aanvraag bied HelpJag, in samewerking met Kriek Wildlife Group, vir ’n tweede opeenvolgende jaar ’n gholfdag in Kimberley, aan. Dié geleentheid het veral ten doel om fondse in te samel vir die volhoubaarheid van die HelpJag-projek. HelpJag is ’n inisiatief wat poog om Solidariteit Helpende Hand (SHH) se Kosblikkie-projek aan te vul en te sorg dat proteïen in die vorm van wildsvleis deel is van die bord kos wat SHH daagliks aan ongeveer 8 000 kleuters voorsien.

Meer inligting

  • Vierballe sluit in: geskenkpakke, hemde, pette, halfweghuis en prysuitdeling by die gholfbaan.
  • Karretjies is beskikbaar teen ’n addisionele R270 elk. Bespreek jou karretjie vooraf by 053 841 0484; daar is net ’n beperkte hoeveelheid beskikbaar.
  • Formaat van die spel: “Better ball Stableford”; voorgee is van toepassing
  • Gholfjoggies is beskikbaar teen R250 vir die dag en kan op die dag bespreek word.
  • Toekennings: Top 4 Better ball; langste dryfhou op gat 2, 8, 13 en 17; hou naaste aan die vlag op gat 4, 6, 11 en 14; troosprys vir die speler wat die meeste houe op die dag gespeel het
  • Kimberley Gholfklub se gewone baanregulasies geld.
  • Die aandfunksie word by Flamingo Casino aangebied. Let wel dat die funksie nie ingesluit is by die vierbal nie. Meer inligting in verband hiermee volg spoedig.

BORGSKAPPE

Stel jy belang om die geleentheid te borg? Verskeie borgopsies is beskikbaar. Klik hier vir die borgopsies of stuur ʼn e-pos na [email protected]

NAVRAE

Stuur gerus ʼn e-pos aan [email protected]

HOOFBORG

GHOLFPETBORG

HALFWEGHUISBORG

BORG VAN BEMARKINGSVIDEO