Legendes Gholfdag van Hoop Worcester

Dit is ‘n voorreg om vir die heel eerste keer die HelpJag Legendes Gholfdag van Hoop in samewerking met Worcester Gholfklub in die Wes-Kaap aan te bied. Dit beloof om ‘n propvol dag met gholf en Legendes te wees. By die aandfunksie sal Ichnus, Adam Tas en Appel optree en die Woes TV-aanbieder, Jaco van Dyk, sal unieke items opveil om HelpJag te help om goeie werk voort te sit.

Fondsinsamelingsinisiatiewe soos die gholfdag word geloods om te verseker dat die projek volhoubaar is.